Departement help werkgewers gratis met werwing

Die buurland se minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, doen ʼn beroep op werkgewers om hulle vakante poste en beskikbare opleidingsgeleenthede op die departement se plasingsplatform, die Employment Services System of South Africa, te plaas. Dis ʼn poging om die uitwerking van armoede en werkloosheid te bekamp. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê hulle is bereid en gereed om werkgewers gratis by te staan om toekomstige werknemers te werf en te keur.