Nuwe werksgeleenthede in Amerika styg skerpJanuary 12, 2025
Die styging in werksgeleenthede in Desember in Amerika het verwagtinge oortref, ʼn teken dat die arbeidsmark gesond is voor die aangewese president, Donald Trump oor twee weke ingehuldig word. Nuwe poste in die wêreld se grootste ekonomie was verlede maand 256 000, vergeleke met ‘n aangepaste 212 000 in November. Die syfer vir Desember was aansienlik meer as die markverwagte skatting van 154 000. Die werkloosheidskoers het intussen van 4,2-persent tot 4,1-persent gedaal. Die onverwagse toename in nuwe werk kan daartoe lei dat die Federale Reserweraad vanjaar nie so geredelik rentekoerse verlaag nie, aangesien amptenare sal werk om inflasie volhoubaar af te bring.