Eerste Grand Slam-eindstryd vir China se Zheng

Tennis: Qinwen Zheng van China is deur na haar eerste Grand Slam-eindstryd. Die 12de gekeurde speler het Dayana Yastremska van die Oekraïne in skoon stelle verslaan in die halfeindstryd van die Australiese Ope. Yastremska het vroeër die eerste kwalifiseerder sedert 1978 geword om die voorlaaste ronde van die vroue-enkelspel in Melbourne te haal. Zheng sal in Saterdag se titel-wedstryd teen die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, te staan kom.