Okavangorivier hoog, maar nog nie op vloedvlak

Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens styg die Okavangorivier se vlakke steeds. Die watervlak by die Rundu hidrologiese stasie het sedert gister met 7cm tot 5,93 meter vanoggend toegeneem. Dit is hoër in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die Kunenerivier se vloei by Ruacana is op 324,9 kubieke meter per sekonde aangeteken, oftewel dubbel die vloei as dieselfde tyd verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp gepraat, wat sê die water is hoog en styg, maar het nog nie vloedvlakke bereik nie.