Talle uiteenlopende rolspelers bespreek veediefstal, stropery

Die Namibiese Landbou-unie, en verskeie ander rolspelers hou vanaand ‘n geslotedeur vergadering in verband met stropery en veediefstal in die Khomas-streek. ‘n Wye verskeidenheid rolspelers, insluitend die Paaieowerheid, sal teenwoordig wees. Volgens dr. Hans Gerd Lüesse, die koördineerder van die Khomas-streek se landelike buurtwagte, sê veral kameras op paaie is uiters belangrik in die bekamping van veediefstal en stropery. Hy verduidelik.