ANC moet verantwoording doen vir Jhb-gebou sterftes

ActionSA in Johannesburg sê hy reken die sterftes weens brande in die Johannesburgse middestad moet vierkantig op die misdadige ANC-geleide regering se skouers geplaas word. ʼn Tweeverdiepinggebou is Sondag doelbewus aan die brand gesteek en twee mense het hul lewens verloor. In die Marshalltown-brand van verlede jaar is 77 mense dood. Albei hierdie geboue was gekaap. Nobuhle Mthembu van ActionSA sê burgemeester Kabelo Gwamanda het alles moontlik probeer om die party se mosies oor gekaapte geboue te kelder: