Eerste amateur sedert 1991 wen PGA-toernooi

Gholf: Die Amerikaner, Nick Dunlap, het die eerste amateur sedert 1991 geword om ʼn PGA-toernooi te wen deur die American Express-toernooi in Kalifornië in te palm. Die heersende Amerikaanse Amateurkampioen het geëindig op 29 onder, met die Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout op 28 onder, gevolg deur drie spelers gelyk op 27 onder. Dunlap kon nie die prysgeld van 28,7-miljoen-rand in ontvangs neem nie omdat hy ʼn amateur is. Die 20-jarige student aan die Universiteit van Alabama moet nou besluit of hy ʼn beroepspeler gaan word.