Laat boere belastingvry spaar, vra landbou-unie

Die buurland se landbou-unie, TLU SA, het ʼn brief aan die finansminister, Enoch Godongwana, geskryf oor kwessies wat noodsaaklik is vir volhoubare voedselvoorsiening. Dit is in aanloop tot volgende maand se begrotingsrede. Die unie se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê ʼn voorstel wat kommersiële boere toelaat om in goeie jare winste belastingvry te spaar sodat hulle in swak jare met produksie kan voortgaan, is noodsaaklik. Hy sê daar moet beter voorsiening wees om boere tydens rampe by te staan sodat hulle kan aanhou produseer.