Donetsk aanval is barbaars meen Rusland
Rusland se ministerie van Buitelandse Sake het die dodelike aanval op ‘n mark aan die buitewyke van Donetsk in die ooste van Oekraïne as ‘n barbaarse terreuraanval teen burgerlikes veroordeel. Minstens 25 mense is dood en sowat 20 beseer, insluitend twee kinders. Donetsk is een van vier Oekraïnse streke wat Moskou in 2022 as Russiese grondgebied verklaar het. Die anneksasieproses is onder internasionale reg onwettig. Die ministerie van Buitelandse Sake het Oekraïne daarvan beskuldig dat hy die aanval met Westerse wapens uitgevoer het.