Suid-Afrikaners is gewoond om sonder krag klaar te kom

Die DA-leier John Steenhuisen sê Suid-Afrikaners is gedwing om daaraan gewoond te raak om sonder betroubare elektrisiteit en water klaar te kom. Steenhuisen het ‘n betoging gelei gemik op die ontbinding van die ANC-EFF eThekwini-munisipaliteit en die amptelike bekendstelling van die party se veldtog om KwaZulu-Natal in die 2024 algemene en provinsiale verkiesings te red. Hy sê die ANC het homself oortuig Suid-Afrikaners sal hom nooit aanspreeklik hou vir alles wat hy van hulle weggeneem het nie: