Gaza: Vroue en kinders is nommer-een slagoffers
Die Verenigde Nasies se uitvoerende direkteur vir Vroue, Sima Bahous, sê dit is nou meer as 100 dae sedert die Hamas-aanvalle op Israel op 7 Oktober en die afgryse wat daarna gevolg het, veral in Gaza. Die VN het sedertdien weer eens bewyse gesien dat vroue en kinders die eerste slagoffers van konflik is, en die plig om vrede te soek is ‘n plig wat aan hulle verskuldig is. Bahous sê sonder verandering gaan die eerste 100 dae bloot ‘n voorspel tot die volgende 100 wees. Sy benadruk vroue en kinders is in die meerderheid van diegene wat doodgemaak, gewond en ontheem is.