Rusland is grootste leweraar van olie aan China

Rusland het Saoedi-Arabië verbygesteek om China se voorste ru-olieverskaffer in 2023 te word, terwyl die wêreld se grootste ru-olie-invoerder Westerse sanksies verontagsaam om groot hoeveelhede goedkoop olie vir sy verwerkingsaanlegte te koop. Rusland het verlede jaar ‘n rekord van 107,02 miljoen metrieke ton ru-olie na China gestuur, gelykstaande aan 2,14 miljoen vate per dag. Invoere uit Saoedi-Arabië, voorheen China se grootste verskaffer, het met 1,8 persent tot 85,96 miljoen ton gedaal.