EFF sê sommige Gautengskole is bende-brandpunte

Die EFF in Gauteng sê bendegeweld en wetteloosheid is ‘n algemene gesig in skole in die provinsie, met meer as 240 skole wat as hoë-risiko instellings beskou word. Meer as 700 skole regoor die provinsie is oorvol, met 5 500 klaskamers wat nodig is om die omgewings-, gedrags- en sielkundige uitwerking van oorvol klaskamers op leerders en onderwysers te pak. Die EFF se woordvoerder, Dumisane Baleni, sê dit is noodsaaklik om die matriekuitslae in die lig van die heersende onderrigtoestande in die provinsie te beskou: