Seoel-polisiehoof aangekla na dodelike Halloween-vertrapping

Seoel se polisiehoof is aangekla van professionele nalatigheid oor die dodelike Halloween-vetrapping in 2022 waarin byna 160 mense dood is. Op 29 Oktober 2022 was tienduisende mense – meestal in hul 20’s en 30’s – op die strate van Seoel se Itaewon-naglewe-distrik. Maar die nag het dodelik gedraai toe mense in ‘n nou, skuins stegie tussen kroeë en klubs ingestroom het. Owerhede het geen skarebeheer maatreëls ingestel nie.