Prins Edward kom op sakebesoek in SA aan

Adjunkpresident Paul Mashatile sal prins Edward van Brittanje vanaf Dinsdag in Pretoria ontvang. Besprekings sal tydens die driedaagse besoek fokus op bilaterale aangeleenthede tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Edward sal ook ontmoetings hê met die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, asook die minister van Hoёr Onderwys, Blade Nzimande. Hy sal gesprekke voer met ontvangers van die Presidents-toekennings, die internasionale verlenging van die Hertog van Edinburgh-toekennings.