Vir goeie geluk, skuif jou troon….

Die uitleg van jou badkamer kan veroorsaak dat jou geluk reguit in die drein afgaan. Dit is volgens Rohit Arya, ‘n kenner van “vaastu”, wat die Indiese ekwivalent van Chinese “feng shui” is.  

Arya sê dit word as uiters ongelukkig beskou om jou toilet in dieselfde kamer as jou stort of bad te hê, want dit besoedel kwansuis dieselfde area waar jy jouself skoonmaak. Vaastu-praktisyns sê jy kan nie werklik voorspoedig word tensy jy jou toilet uit jou huis skuif nie – of ten minste in ‘n aparte kamer sit. Aangesien byna alle badkamers gewoonlik toilette met baddens kombineer, sê Arya jy kan jou ongeluk verminder deur bloot die deksel van die toilet toe te hou wanneer jy dit nie gebruik nie. Arya is die skrywer van die boek Vaastu: The Indian Art of Placement.