Sesnasies: Jamie George sal Engeland aanvoer

Die haker, Jamie George, sal Engeland in die Sesnasies-reeks aanvoer nadat Owen Farrell besluit het om ‘n blaaskans te neem van die internasionale spel. Die 33-jarige George het in 2015 sy buiging vir Engeland gemaak en het sedertdien in 85 toetse gespeel en 65 punte aangeteken. Hy het ook drie wedstryde gespeel tydens die Britse en Ierse Leeus se toer na Nieu-Seeland in 2017. Die span begin die derde van volgende maand sy veldtog teen Italië in Rome Afrigter Steve Borthwick verduidelik waarom hy George gekies het: