Catherine ondergaan operasie, bedrus tot Paasfees

Prinses Catherine sal tot twee weke in die hospitaal bly nadat sy ‘n buikoperasie vir’n onbekende toestand ondergaan het. Kensington-paleis sê die prosedure was beplan en suksesvol, maar daar word nie verwag dat die prinses voor Paasfees koninklike pligte sal hervat nie. Die paleis het nie verdere besonderhede oor haar toestand bekend gemaak nie, maar sê dit is nie kankerverwant nie. Kort daarna het Buckingham-paleis onthul dat koning Charles III behandeling sou ontvang vir ‘n vergrote prostaat. Sy toestand is goedaardig en hy sal volgende week die hospitaal besoek.