Roei puttoilette uit, sê Rise Mzansi

Rise Mzansi doen ‘n beroep op die regering om puttoilette in skole uit te roei en multidissiplinêre sekerheids-ingrypings in risiko-skole regoor die land te verhoog. Die party sê te veel leerders sal skoolpersele betree met die bedreiging en die werklikheid van aanranding, moord en verkragting, en in te veel gevalle sal hulle onderwerp word aan die vernedering en gevaar van die gebruik van puttoilette, soos die geval is in ongeveer drie-duisend skole regoor die land. Irfaan Mangera van Rise Mzansi sê skole moet veilige ruimtes vir kinders en leerwerk wees.