Reën ontwrig onder-19 krieketspan se voorbereiding

Die laaste opwarmwedstryd van Namibië se onder-19 krieketspan voor die onder-19 Wêreldbeker hierdie naweek in Suid-Afrika afskop, is weer deur reën ontwrig. Die Namibiërs het teen Ierland in Pretoria te staan gekom, maar die weer het die laaste sê gehad en daar was nie ‘n uitslag nadat die spanne die veld moes verlaat nie. Die span, onder kaptein Alexander Volschenk, speel hul eerste groepwedstryd Sondag teen Australië, gevolg deur kragmetings teen Sri Lanka en Zimbabwe.