Nanso bekommerd oor swak eksamenuitslae

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, spreek sy kommer uit oor die power prestasie van leerders op die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat gewone vlak en gevorderde vlak. Tydens ‘n perskonferensie in die hoofstad het Nanso-president Lucia Ndishishi gesê dat die resultate onopgeloste uitdagings in basiese onderwys beklemtoon. Minstens 75 persent van die leerlinge wat die gewone vlak graad 11 nasionale eksamens in 2023 afgelê het, het nie gekwalifiseer om met tersiêre onderwys of na graad 12 voort te gaan nie. Dit is egter ‘n effense verbetering van 3,8 persent vergeleke met verlede jaar.