Ekonoom voorspel gemiddeld 5,9% inflasie, nie VN se 7,1%
Die Verenigde Nasies het in sy jongste verslag oor die stand van die wêreld ekonomie ‘n skokkende inflasiesyfer van 7,1 persent vir Namibië in 2024 voorspel. Die verslag voorsien ook dat dit sal styg na 7,7 persent in 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gepraat wat nie saamstem met die VN se voorspelling nie. Klein sê hy voorspel inflasie in Namibië op gemiddeld 5,9 persent vir 2024.