Groot riviere styg steeds

Die Zambezi- en Okavangoriviere styg steeds geleidelik. Die Zambezi het by Katima Mulilo vroegdag 1,36 meter aangeteken, vanaf 1,07 meter verlede week, terwyl die Okavangorivier by Rundu 5,22 meter aangeteken het, vanaf 5,15 meter gister. Die watervlakke van die twee riviere is hoër vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die Benede Oranjerivier by Blouputs het van 2,14 meter gister tot 2,48 meter gestyg. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 337,6 kubieke meter per sekonde aangeteken, waar die vloei gister 333,8 kubieke meter per sekonde was.