RISE Mzansi verwelkom ervare politieke leier Ramulifho
RISE Mzansi verwelkom Khume Ramulifho, ʼn talentvolle en ervare politieke leier en openbare verteenwoordiger, wat as raadslid in die Stad Johannesburg asook as lid van die Gautengse wetgewer gedien het. Die nasionale voorsitter van RISE Mzansi, Vuyiswa Ramokgopa, sê Ramulifho sluit op ʼn kritiese tydstip by die party aan terwyl hulle besig is om die party te bou in Gauteng, wat een van die mees bestrede strydtonele sal wees tydens die komende verkiesing.