Noah se Daily Show vat Emmy

The Daily Show With Trevor Noah het by die 75ste Emmy Awards ʼn toekenning vir Uitstaande Geselsreeks gewen. Dis die eerste toekenning wat die program opraap sedert Jon Stewart se laaste jaar as gasheer. Die Suid-Afrikaanse komediant is die eerste swart persoon wat in hierdie kategorie met ʼn Emmy spog. The Daily Show het The Late Show with Stephen Colbert, Jimmy Kimmel Live!, The Problem with Jon Stewart en Late Night with Seth Meyers, uitgestof om die toekenning te wen. Noah, wat die Comedy Central-program meer as ‘n jaar gelede verlaat het, het die toekenning aanvaar: