Reaksie op Etosha se rondloper toeriste
Foto’s doen die rondte op sosiale media van toeriste wat gesien word hoe hulle uit hul motor klim in die Etosha Nasionale Park, rondloop op ‘n toegemaakte pad en foto’s neem. Dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie, ten spyte van kennisgewings dat mense in hul voertuie moet bly. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die toerisme-ministerie, Teofilus Nghitila, gepraat wat sê as sulke toeriste gevind word, sal die wet sy gang moet neem.