Trump-oorwinning in Iowa verwag

Die Republikeine in Iowa is die eerste in Amerika om hulle voorkeur-presidentskandidaat vir die 2024-verkiesing aan te wys terwyl mense by koukus-persele in die staat stem. Volgens talle finale peilings is oudpresident Donald Trump die eerste keuse van 48 persent van Iowa se kiesers, met Nikki Haley op 20 persent en Ron DeSantis op 16 persent. Verskeie nuuskanale het reeds Trump as voorlopige wenner aangekondig en die Trump-veldtog se senior raadgewer, Jason Miller, sê die span verwag ʼn oorwinning in Iowa: