Wes-Kaapse premier doen beroep op kalmte

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het ná die openbare geweld ‘n beroep gedoen op kalmte en respek vir die oppergesag van die reg in die provinsie en die res van die land. Winde sê die misdadige optrede van ‘n paar mense ondermyn die regte van medeburgers. Baie landsburgers word hulle reg ontneem op mediese sorg en om in hierdie moeilike tye ‘n inkomste te verdien. Hy het bevestig dat die polisie en ander wetstoepassingsbeamptes in die Wes-Kaap gereed is om seker te maak dat wet en orde toegepas word.