Vrou speel sy is ‘n volwasse baba

‘n Vrou het erken dat sy ‘n allemintige N$5 500 per maand aan doeke bestee om haar leefstyl as ‘n voltydse volwasse baba te handhaaf. Sosiale media inhoudskepper Paigey Miller, van die Amerikaanse ooskus, begin elke dag deur in haar kot wakker te word. Ná haar doek omgeruil is, spandeer sy haar tyd om met speelgoed te speel en aanlyninhoud vir haar volgelinge te skep in haar kleuterskool by die huis. 

Foto:
MDWfeatures / @mindlessdiaper

Met haar aanlyninhoud hoop sy om ander te help om minder skaam te voel om die uitgawes wat met die lewe as ‘n volwasse baba gepaard gaan, te finansier. 

Paigey het die leefstyl in 2018 aangeneem en in 2020 verduidelik dat haar doel nog altyd was om die leefstyl te normaliseer terwyl sy ‘n inkomste daaruit maak om dit te finansier. Die N$5 500 wat sy op doeke bestee, word gefinansier deur 426 betaalde intekenaars op haar blad.  

Foto:
MDWfeatures / @mindlessdiaper