Aussie Ope: Djokovic skrik maar bly op koers

Verdedigende kampioen, Novak Djokovic, het groot geskrik in die eerste ronde van die Australiese Ope maar bly op koers vir sy elfde titel in Melbourne, en ‘n nuwe rekord van 25 Grand Slams. Die Serwiër kon eers na meer as vier uur die 18-jarige kwalifiseerder Dino Prizmic van Kroasië met 6-2, 6-7, 6-3, 6-4 verslaan. Die Amerikaner Taylor Fritz en Andrey Rublev van Rusland het in hulle wedstryde ook elkeen vyf stelle nodig gehad om na die tweede ronde deur te dring. Djokovic was vol lof vir Prizmic, wat 178ste op die wêreldranglys is: