Geen meer Gangnam-style in Suid-Koreaanse gimnasiums nie

Liefhebbers van aërobiese oefeninge in Suid-Korea sal nie meer Gangnam-style kan rondspring nie. As gevolg van ‘n skerp styging in Covid-gevalle het owerhede in daardie land nuwe maatreëls bekend gemaak en een is dat musiek in gimnasiums mag nie meer as 120 tromslae ‘n minuut bevat nie. Owerhede meen stadiger oefen beteken minder spoeg en sweet wat spat en is dus veiliger.