Hoër temperature sal veeboerdery beïnvloed
Die Namibië Meteorologiese Diens se jongste verslag dui aan die gemiddelde temperatuur in Desember was 24,8 grade Celsius, oftewel 0,6 grade Celsius bo die gemiddeld van 1991 tot 2020. Hittegolf-toestande het in groot dele van die land geheers en verwagtinge is dat die land net warmer sal word as gevolg van aardverwarming. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Salomo Mbai, ‘n landbou-ekonoom en direkteur van die Landbou Handelsbeleid Instituut by die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie, oor hoe hoër temperature veeboerdery sal beïnvloed.