Israel is sedert 1948 ‘skuldig’ aan vergrype

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, Vusimuzi Madonsela, sê Israel se optrede teenoor die Palestyne vorm deel van ʼn reeks onafgebroke onwettige optredes sedert 1948. Hy het die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland toegespreek, as deel van Suid-Afrika se saak van volksmoord teen Israel, wat vandag sy mondelinge voorlegging sal doen. Madonsela wys op die rol van die hof om die integriteit van die Volksmoordkonvensie te beskerm en maak voorspraak vir optrede teen Israel se beweerde minagting van internasionale wette.