Draaiboeke van Friends in asblik

Aanhangers van Amerikaanse TV-komedie Friends sal die kans kry om op oorspronklike draaiboeke van die trefferprogram op ’n veiling te bie – nadat hulle 25 jaar gelede in ’n asblik gevind is. Die draaiboeke vir The One With Ross’s Wedding Part I and II – twee van die bekendste episodes in die program se geskiedenis – moes ná verfilming in 1998 vernietig gewees het.

Maar hulle is toevallig in ‘n asblik by ‘n Londense TV-ateljee ontdek deur ‘n voormalige personeellid wat hulle sedertdien in sy bedkassie-laai gehou het. Die verkoper erken hy het die stukkies sitkom-geskiedenis amper per ongeluk weggegooi omdat hy nie ‘n groot Friends-aanhanger is nie – maar het dit weer gevind terwyl hy verhuis het.

Die draaiboeke het ‘n verkoopsprys-skatting van tussen N$14 000 en N$19 000, maar kan baie meer behaal wanneer hulle op 12 Januarie onder die hamer gaan by Hanson Ross in Royston, Herts. Die verkoper, wat anoniem wil bly, het by Fountain Studios gewerk , Wembley, waar die twee Friends-episodes verfilm is.

Foto: New York Post