Ramaphosa het vertroue in volksmoordsaak

President Cyril Ramaphosa sê hy is vol vertroue dat Suid-Afrika ʼn sterk saak teen Israel het. Die kwessie word môre en Vrydag in die Internasionale Geregshof in Den Haag aangehoor. Suid-Afrika beskuldig Israel van volksmoord in sy oorlog in Gaza. Ramaphosa het gister tydens ʼn besoek aan die koningshuise van Amandebele gesê dis ʼn saak van menslike en algemene geregtigheid en dat die volksmoord wat volgens hom in Gaza ontwikkel, onmiddellik gestop moet word: