Nampol sê 403 ongelukke sedert 17 November

Die Namibiese polisie het padveiligheid-statistieke vir die periode 17 November en 1 Januarie bekend gemaak. Daar was 403 ongelukke teenoor 382 in die vorige feesseisoen, ‘n 5 persent toename. Tydens vanjaar se vakansie, is 724 mense beseer teenoor 711 in 2022-2023, met 57 sterftes teenoor die 66 wat in die vorige feesseisoen aangeteken is. Kommissaris Petrus Swartz, hoof van Nampol se verkeersafdeling sê die grootste bron van kommer is bestuurders wat onveilig motors verbysteek en bestuurders wat nie ‘n veilige volgafstand handhaaf nie.