Japan lughawe-ramp: Dit was botsing op aanloopbaan

Japanse owerhede het bevestig ‘n botsing op die aanloopbaan van die Haneda-lughawe in Tokio het die vliegtuigongeluk veroorsaak. ‘n Airbus 350 met 379 passasiers aan boord het teen ‘n kleiner vliegtuig van die kuswag gebots toe die Airbus in kom om te land. Vyf mense is dood aan boord die kuswag-vliegtuig, wat onderweg was om hulpmiddels te gaan aflewer ná die kragtige aardbewings op Nuwejaarsdag wat die lewens van minstens 51 mense geëis het. Al 379 passasiers en bemanningslede aan boord van die Airbus van Japan Airlines het ongedeerd ontsnap voor die vliegtuig in ʼn vuurbol ontaard het.