Oop Hino-vragmotor rol, beseer 54 kerklede agter op

‘n Vragmotor-ongeluk het 54 lede van die Sabbath-gemeente beseer naby Biro in die Mukwe-kiesafdeling in Kavango Oos. ’n Oop Hino-vragmotor het die gemeentelede vervoer na Divundu maar, die bestuurder het uitgeswaai vir ‘n hond wat oor die pad gehardloop het. Die vragmotor het omgeval en die passasiers agterop, is uitgeslinger. Volgens die Kavango-Oos-streekspolisie se adjunkkommissaris, Eino Nambahu, was die bestuurder van die vragmotor ongelisensieer. Daar is veelvuldige beserings opgedoen en hulle is na die Andara Katolieke Hospitaal afgevoer. Ernstige pasiënte is oorgeplaas na die Rundu Staatshospitaal.