Oekraïne berei voor vir nog aanvalle vandag

Die Oekraïne se weermag het vanoggend lugwaarskuwings landwyd uitgereik en waarsku dat daar ‘n baie groot kans is van missielaanvalle deur Russiese bomwerpers. Luidens die boodskap het intelligensie getoon dat 16 Russiese bomwerpers opgestyg het. Vroeër vanoggend het die weermag gewaarsku dat sowat 20 Russiese strategiese bomwerpers ook reeds in die lug was. Rusland het net na middernag Kiëf met hommeltuie aangeval en die Oekraïnse weermag sê hy kon daarin slaag om 35 af te skiet.