Klimaatsverandering bedreig wynproduksie

Wines of South Africa sê daar was in 2023 ‘n wêreldwye én plaaslike afname in wynproduksie wat aan die uitwerking van klimaatsverandering toegeskryf kan word. Volgens die kommunikasiebestuurder van die organisasie, Maryna Calow, was daar ‘n daling van 14 persent in Suid-Afrika se oeste. Calow sê die buurland se wynprodusente staar uitdagings in die gesig – van stygende temperature tot meer intense hittegolwe: