Meatco maan beeste se brandmerke moet duidelik weesJuly 9, 2021
Dit is alombekend dat die winterbedekking wat diere ontwikkel, onsigbaarheid van brandmerke tot gevolg het, volgens die Namibiese Landbou-unie. Meatco doen ‘n beroep op produsente om hul diere te herbrand om duidelike brandmerke te verseker wanneer diere by Meatco se uitvoer-abattoir afgelaai word. Onduidelike of onsigbare brandmerke bemoeilik inspeksie deur veeartsenydienste, aangesien eienaarskap bevraagteken kan word as diere nie identifiseerbaar is nie. Die Dieregesondheidswet se regulasies vereis dat diere duidelik gebrandmerk word. Veeartsenydienste vereis dus dat 95 persent van diere wat na Meatco, sowel as elders, gelewer word duidelike brandmerke moet hê. Rosa Hamukuaja, woordvoerder van Meatco, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
I am really impressed along with your writing abilities and also with the format to your blog. Is this a paid subject matter or did you customize it yourself? Either way keep up the nice high quality writing, it’s rare to see a great blog like this one today!