SAPD geloof vir sy werk teen konstruksie-mafiaDecember 19, 2023
Die Infrastructure Built Anti-Corruption-forum in Suid-Afrika het die polisie en wetstoepassingsagentskappe gelukgewens met hulle vordering met die aanpak van misdadige elemente wat by afpersing en dreigemente teen konstruksiewerkers, bouprojekte en beleggings in infrastruktuur in die land betrokke is. Verskeie wetstoepassingsagentskappe is besig met ondersoeke in die sektor wat gelei het tot die terugkry van bates, dissiplinêre optrede en strafregtelike vervolgings. Die woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, sê die polisie het bevestig die 712 sake wat vir ondersoek verwys is, het tot dusver tot 722 inhegtenisnemings en 52 vervolgings gelei.