Landbou lei boere op in plaasmasjinerie

Ndiyakupi Nghituwamata, die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, het amptelik sertifikate van voltooiing aan ‘n groep van 72 plaasmasjinerie-operateurs by die Mashare Landbou-instituut vir Ontwikkeling in Kavango-Oos oorhandig. Die opleiding is die eerste van sy soort. Die opleiding van die oorblywende 286 kandidaat-operateurs sal vroeg volgende jaar ‘n aanvang neem. Tydens die oorhandiging het Nghituwamata gepraat oor die uitdagings wat boere in die gesig staar.