Naude lewer skerp kritiek teenoor regering

Standard Bank en die Motorvoertuigongelukkefonds het die opgeknapte Katutura Intermediêre Noodsorgeenheid onlangs bekend gestel, wat teen ‘n koste van 12,6 miljoen Namibiese dollar voltooi is. Die Namibian Marshall Rangers se Sean Naude het die Katutura hospitaal besoek en sy teleurstelling op sosiale media gedeel. Hy sê as jy by die nuwe ongevalle-saal uitstap tot in die gange, is daar soos altyd gebreekte mure, bevlekte vloere, stukkende vensters en walglike onhigiëniese kamers en sale. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude gepraat, wat sê dit is teleurstellend om die hospitaal in so ‘n toestand te sien wanneer die Swapo-hoofkantoor van 700 miljoen dollar terugstaar na pasiënte wat desperaat mediese aandag benodig.