Proteas kolf eerste in eendagkragmeting teen Indië
Krieket: Die kaptein van die Proteas, Aiden Markram, het die loot op die Wanderers in Johannesburg gewen en besluit om te kolf in die eerste van drie eendagkragmetings teen Indië. Die wedstryd is die beroemde Pienkdag-geleentheid waartydens die tuisspan pienk dra om bewustheid van borskanker op te skerp. Twee veelsydige spelers, Wiaan Mulder en Andile Phehlukwayo, is ingesluit in die Proteaspan. Tony de Zorzi vervang Quinton de Kock na sy uittrede. Al die kaartjies is uitverkoop. Die Proteas het swak weggespring en vinnig 2 paaltjies verloor met net drie lopies op die telbord.