Wêreld kospryse daal, maar onbekend wanneer ons dit voel

Nuus dat wêreld voedselpryse vir die eerste keer in 12 maande in Junie effe gedaal het is verwelkom. Die VN se voedselagentskap sê vette en olies, grane en suiwelprodukte het die grootste daling getoon maar, dit is nie bekend wanneer die dalings Namibiese verbruikers sal bereik nie. Dr. Omu Kakujaha Matundu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy sê ook dat handelaars onder druk is as gevolg van ‘n daling in aanvraag en dus, kan pryse ook nie daal nie.