Vergadering met Cyril oor Israel-Hamas-konflik
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes en die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie het hierdie week met president Cyril Ramaphosa vergader oor die Israel-Hamas-konflik. Die besprekings het onder meer oor dreigemente teen die Joodse gemeenskap, aanrandings op individue, oproepe vir uitsettings en boikotte van Joodse ondernemings gegaan. Ramaphosa het die regering se standpunt herhaal en benadruk daar is geen voorneme om diplomatieke bande tussen Suid-Afrika en Israel te verbreek nie. Die afvaardiging het die veiligheidsgroepering se pogings om die Joodse gemeenskap te beskerm, erken.