NEFF gee Nampol kennis oor betoging op 21 Maart

Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters het Nampol kennis gegee van ‘n beoogde betoging teen werkloosheid wat vir 21 Maart volgende jaar geskeduleer is. Die party sê in ‘n brief dat 21 Maart gekies is aangesien dit ‘n simboliese en geskiedkundige dag is. Die polisie het ook nou “genoeg tyd om seker te maak hulle het genoeg mannekrag en hulpbronne, sodat die party in staat is om hul fundamentele vryhede uit te oefen om vreedsaam en sonder wapens te vergader”. Dit kom nadat die aktiviste Michael Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma and parlementslid Inna Hengari vanjaar op 21 Maart by ‘n beplande betoging teen werkloosheid in hegtenis geneem is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met kommissaris Gregory Cloete, die NEFF se hoof van beplanning en mobilisasie, wat oor die betoging praat.