Prys, gehalte van Russiese koring nie altyd aanvaarbaar nie

Die Namibiese adjunkpremier Nandi-Ndaitwah het haar kommer uitgespreek oor die dalende invoere van Russiese koring deur die Namibiese privaatsektor. Sy het tydens ‘n vergadering met haar Russiese eweknie Yury Trutnev beloof om die kwessie aan te spreek. Namibië voer tradisioneel koring vanuit Rusland in en privaatmeulenaars verwerk dit plaaslik. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof van Namib Mills Investments Group, gepraat oor hoekom meulenaars nie soveel koring van Rusland bestel nie. Hy verduidelik.

Sou kwessies met pryse en kwaliteit opgeklaar word, sal Namibië nie omgee om by Rusland te koop nie, sê Collard.