DA sê eThekwini se strande is nie werklik veilig nie

Die DA in KwaZulu-Natal sê hy is bekommerd oor die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, se uitsprake oor die veiligheid van die strande. Tydens die feestyd-bekendstelling verlede maand het die burgemeester inwoners en besoekers verseker dat die strande en swembaddens veilig is. Die nie-winsgewende maatskappy wat die water in samewerking met die munisipaliteit toets, Adopt-a-River, waarsku egter die veiligheid by Durbanse strande kan nie gewaarborg word nie. Yogis Govender van die DA sê eThekwini het nog nie herstel van die ernstige rioolbesoedeling wat riviere, strome en ook die see raak nie: